Quantcast
Channel: NB » Short Stories
Viewing all 93 articles
Browse latest View live

Huisgenoot-Tempo-toekennings: Stem nou vir jou gunsteling leesboek van die jaar

$
0
0

Watter Afrikaanse leesboek gaan vanjaar met die Huisgenoot-Tempo-toekenning wegstap?

Ester’n Duisend stories oor JohannesburgKamphoerIkarusDie respektabele Meneer HartsliefVermis op Allesverloren

 
Een gelukkige leser kan ’n kans staan om ’n Suzuki SX-4 ter waarde van R295 900 te wen. Om in aanmerking te kom vir die prys maak seker jy stem vir jou gunsteling boek teen Woensdag, 3 Junie.

Die ses boeke in die Leesboek van die jaar-kategorie is almal deur NB-Uitgewers gepubliseer:

  • Ester deur Kerneels Breytenbach

 

Lees die artikel vir kompetisiereëls:

Die stemmery sluit op 3 Junie om middernag. Wenners sal lukraak gekies word. Die beslissing oor wenners is finaal. Wenners moet bereid wees dat hul naam en foto gepubliseer word. Die wenners sal in kennis gestel word. Pryse is nie oordraagbaar nie en kan nie vir kontant geruil word nie. Jy moet ’n geldige rybewys hê en ouer as 18 wees om te kwalifiseer vir die groot prys van Suzuki.

Boekbesonderhede


Video: Elize Cawood lees ’n uittreksel uit Hoogty deur E Kotze

$
0
0

HoogtyDiepsee - kortverhaleDie aktrise Elize Cawood het vanaf Dinsdag 14 April 2015 elke weeksoggend op RSG grepies uit E Kotze se roman, Hoogty, voorgelees.

RSG het ‘n voorsmakie van die eerste voorlesing op hul YouTube-blad gedeel, asook ‘n kykie agter die skerms.

Hoogty vertel die verhaal van Helena Burre, ‘n boorling van Volleminkbaai wat nes haar skipper-pa Jas haar eie kop volg. Met haar tuiskoms besef sy opnuut wat sy gemis het, en kry sy weer met Auret Nagel te doen.

Diepsee – kortverhale, ‘n keur uit al die kortverhaalbundels van Kotze, het verlede jaar verskyn en is saamgestel deur Suzette Kotzé-Myburgh.

Kyk die video vir Cawood se vertelling:

Click here to view the embedded video.

Boekbesonderhede

Waarom so baie beneukte vroue in Kamee? Roela Hattingh vertel meer oor haar kortverhaalbundel (Video)

$
0
0

Kamee“Dinge wat my aangryp, beide in verwondering én afgryse, spoor my aan om stories te skep.”

Só het Roela Hattingh onlangs aan Willem de Vries gesê tydens ‘n onderhoud oor haar debuutbundel as kortverhaalskrywer, Kamee. Hierdie samevatting van 24 verhale fokus op sentrale temas soos verlange, verlies, liefde en begeerte, wraak en menslike broosheid.

Hattingh vertel onder meer waar haar belangstelling in stories en skryf vandaan kom, waarom sy aangetrokke voel tot kortverhale bo ander vorme van skryf, en waarmee sy haarself tans besig hou.

Lees die artikel:

Wat aan die kortverhaal spreek tot jou in die algemeen en in die manier waarop Kamee inmekaarsit?

Daai slim outjie [Paul] Ricoeur sê dat dinge met ’n mens gebeur en ons vermoë om dit in mekaar te weef tot ’n narratief, maak ons mens.

Herinneringe, ervarings, oorleweringe – dis alles stories. Boonop kies ek altyd die verloorder se kant. Dit is soos die rye by die kassiere – maak nie saak hoeveel keer ek van ry verander as ek haastig is nie, ek beland altyd by die een waar ’n oponthoud is. Dan gesels ek maar met die mense in die rye. Ons is mos vir ’n rukkie in dieselfde bootjie.

Kortverhale – want dan hoef ek net van oomblikke sin te maak. Dalk is ek aandag­afleibaar – romanskryf is vir die grotes van Afrikaans.

Hattingh het ook vroeër die jaar met Yvonne Beyers gesels oor Kamee, kortverhale en skryf. Sy vertel ook waarom sy so baie ingewikkelde, beneukte vrouens geskryf het.

“Ek dink vrouens is ingewikkeld,” sê die skrywer en vertel dat sy aan die een kant nog altyd aangetrokke gevoel het tot stérk vroue se verhale, soos Johanna van Arkel en Lady Macbeth. “Aan die anderkant lewe ons in ‘n tyd waar vroue reg het om op te staan en goed én sleg te wees.”

Kyk na die video:

Click here to view the embedded video.

Boekbesonderhede

“Afrikaans is en bly my voedingstaal”– Marita van der Vyver besoek die Wes-Kaap (Video)

$
0
0

“Al sou daar ’n post-moderne Babelse verwarring wees, sal Marita van der Vyver in Afrikaans bly skryf. Sela.”

Só skryf Amanda Botha in ‘n artikel vir Netwerk24 oor haar onderhoud met Van der Vyver tydens vanjaar se Franschhoek Literêre Fees.

Die ongelooflike avonture van Hanna HoekomSwemlesse vir 'n meerminOlinosters op die dakRhinocephants on the RoofDie coolste ouma op aarde
Winterkos in ProvenceWinter Food in Provence'n Fontein voor ons deur

 
Op Botha se vraag of Afrikaans nog vir haar ’n voedingsbron is, antwoord Van der Vyver: “Afrikaans is en bly my voedingstaal. Dis my skryftaal en al hoor ek Frans om my terwyl ek sit en skryf, bly ek dink in Afrikaans.”

Die skrywer vertel hoe sy dit regkry om in voeling te bly met haar Afrikaanse leefwêreld en gesels oor die verskillende genres waarin sy boeke skryf.

Lees die artikel:

“Waaraan ek wel moet werk, is om wanneer ek hier is, fyn te luister na taalvariante, modewoorde, veral vir jeugboeke waar dit ’n groot uitdaging bly om voor te bly met die jargon.”

Hoewel sy in alle genres publiseer – romans, kortverhale, essays, kookboeke, jeugboeke en kinderboeke – is die genre-indeling van haar Franse kontreistories altyd ’n probleem vir boekbemarkers, vertel sy. Van der Vyver noem dit haar nie-fiksie-werk. “Dis stories oor ons Franse lewe wat op werklike gebeurtenisse gegrond is, dis feitelik, met miskien hier en daar ’n ekstra skeut verbeelding, maar nogtans meer feite as fiksie.”

Van der Vyver het ook op 19 Mei vanjaar ‘n besoek afgelê aan die Hoërskool DF Malan in Bellville waar sy leerders aangemoedig het om ‘n liefde vir lees te koester.

Die skrywer gesels oor die lewenslesse in Die ongelooflike avonture van Hanna Hoekom en deel ‘n voorsmakie uit die boek se opvolg, Swemlesse vir ‘n meermin.

“Daar is ‘n boek, glo my, vir elke iemand op hierdie aarde,” sê Van der Vyver ter afsluiting.

Kyk na die video:

Click here to view the embedded video.

Boekbesonderhede

Nuwe en ou kortverhale deur Deon Meyer saamgevat in Die ballade van Robbie de Wee en ander verhale

$
0
0

Die ballade van Robbie de Wee en ander verhaleDie ballade van Robbie de Wee en ander verhale, ‘n kortverhaalbundel deur Deon Meyer, sal eersdaags by Human & Rousseau beskikbaar wees:

Internasionaal gevierde misdaadskrywer Deon Meyer se bundel tydskrifverhale Bottervisse in die jêm het in 1997 verskyn. Nou is dié lekkerleesverhale in ’n splinternuwe, hersiene gedaante te kry, mét vyf verhale wat nog nooit voorheen gebundel is nie, onder andere “Die ballade van Robbie de Wee”.

Elke verhaal ontlok ’n gevoel van deernis met die karakters, of ’n uitbundige skaterlag. En die romantiek bly nie agterweë nie. Van eerste tot laaste krul die leser se tone van pure leesplesier.

Oor die outeur

Deon Godfrey Meyer is op 4 Julie 1958 in die Paarl gebore. Hy matrikuleer in 1976 aan die Hoërskool Schoonspruit in Klerksdorp. Hy studeer aan die PU vir CHO en volg ’n BA-kursus met Engels en Geskiedenis as hoofvakke. Hy behaal later ’n honneursgraad aan die Universiteit van die Vrystaat.

In die 1980’s het hy as joernalis by Die Volksblad gewerk, die Universiteit van die Vrystaat se Skakelburo en in 1989 begin hy by Sanlam in Kaapstad as reklame-kopieskrywer.

In 1991 word hy aangestel as bestuurder van Interne Kommunikasie en skeppende direkteur van Sanlam se Reklame-afdeling. Hy begin later sy eie maatskappy wat spesialiseer in die skep en bestuur van virtuele gemeenskappe op die internet, en daarna was hy die bestuurder van spesiale projekte van BMW se motorfietsafdeling. Hy is op die oomblik ’n voltydse skrywer.

Meyer se romans het al in meer as 25 tale verskyn. In Frankryk het hy twee groot pryse ingepalm vir die Franse uitgawes van sy spanningsromans. Vir Feniks Le Grand Prix de Littérature Policiére 2003, vir Orion die Prix Mystère de la Critique 2004. Proteus verskyn op die langlys vir die IMPAC literêre toekenning en die Duitse vertaling het in 2006 die Deutsche Krimi Preis in die internasionale kategorie ontvang.

Sy jongste spanningsroman, Ikarus, het vroeër vanjaar verskyn.

Boekbesonderhede

Ou en nuwe woordbegaafdes se gruwelstories vasgevang in Skrik op die lyf

$
0
0

Skrik op die lyf‘n Heerlike bundel gruwel- en spookstories, Skrik op die lyf, saamgestel deur Deborah Steinmair en Gerda Taljaard, verskyn binnekort op Tafelberg se rakke:

Hierdie vreesaanjaende bundel bevat grilverhale oor spoke, kwelgeeste, goëlery, krapgeeste, dwaalgeeste, fortuinvertellers, stigmata, wonderwerke, sieners, séances, sangomas, tokkelosse, djins, spookligte en alles wat onverklaarbaar is.

Laat gerekende spekskieters soos Kerneels Breytenbach, Henning Pieterse, Jaco Jacobs, Marion Holm en Marié Heese jou die Skrik op die Lyf jaag. Heelparty bonatuurlikwoordbegaafde bangmakers debuteer ook hier.

Boekbesonderhede

“Al wat ek ken is stories”– Dana Snyman by die geskiedkundige bekendstelling van In die blou kamp

$
0
0
Dana Snyman

 
Dana SnymanIn die blou kampVerlede week en Woensdag het bykans 350 gaste ver voor die afgespreekte uur reeds met groot opwinding in die Willowbridge Dros gesit en wag vir die geskiedkundige bekendstelling van Dana Snyman se sewende boek, In die blou kamp.

Geskiedkundig omdat dit die eerste boekbekendstelling was wat regstreeks op RSG se Skrywers en Boeke aan luisteraars wêreldwyd uitgesaai is. Ilse Salzwedel, aanbieder van dié program, het al die pad van Johannesburg af gekom om die gesprek met Snyman, een van die land se mees geliefde storievertellers, te voer. Gert Vlok Nel, ‘n groot vriend van Snyman, en Schalk Joubert het so tussen die praatjies deur musiek gemaak en, tot die gehoor se groot vreugde, ook sy gewilde treffer “Beautiful op Beaufort-Wes” gesing.

“Al wat ek ken is stories, en in tye van nood dink ek aan stories,” het Snyman inleidend gedeel, oorweldig deur die massas wat vir hóm en sy stories saamgedrom het. Hy het een van sy gunstelinge vertel, van ‘n groep ACVV tannies uit sy kinderdae wat ‘n bus teen ‘n bult moes opstoot en steeds na die tyd Halleluja-liedere kon sing op die lang pad terug na Danielskuil.

Tussen die stories deur het Salzwedel vir Snyman gepeper met vrae en wou onder meer by hom hoor of hy homself as ‘n rolmodel ag. “Nee, glad nie!” het hy uitgeroep en hartlik gelag. Hulle het gesels oor sy varsgedrukte boek, sy loopbaan tot dusver, sy liefde vir stories en die boek wat hom “nog famous gaan maak”.

In die blou kamp is eintlik die vrug van Snyman se sloertye terwyl hy aan Ons mense moes werk – grotendeels geskryf op Facebook, almal se gunsteling sosiale netwerk. Die stories wat hierin saamgevat is dek van die ontroerende en eiesoortige ontmoetings wat die meeste reaksie op Facebook of in die media ontlok het, asook ‘n hele aantal oorspronklike vertellings van sy omswerwinge.

“Mens het half die behoefte om deesdae so in die openbaar te lewe, en omdat ek ‘n storiesmous is deel ek graag my stories in die openbaar met mense,” het hy vertel. Elke storie in In die blou kamp is waar en al die karakters bestaan werklik, behalwe een. Koop die boek, lees hom en jy sal sien wie dit is.

Salzwedel het ‘n spesiale vraag ter wille van al die aspirantskrywers gevra: “As jy moet raad gee vir hulle, wat is jou top drie wenke?” Snyman het beklemtoon dat mense moet onthou daar is verskillende tipes letterkunde en skryfwerk, en ‘n beroep op mense gedoen om te onthou dat skryf – vernaam die tipe skryfwerk waarmee hy homself bemoei – is harde werk, ‘n vak soos skrynwerk.

Sy wenke was eenvoudig. Moenie te veel praat oor dinge nie – skryf eerder. Moenie jou stories vir mense wys voor dit klaar is nie. Gaan sit op jou alie en skryf. Vermy tog die koffiewinkels, tensy jy besonders begaafd is – soos Koos Kombuis. En laaste, maar beslis nie die minste, het Snyman gewaarsku teen verlange na die muse:

“Ek ken nie die muse nie. Die laaste keer wat ek die muse gesien het was sy ‘n barlady op Brandvlei gewees, vol bloukolle, mishandel deur ‘n digtersgroep van Bloemfontein.”

Aan die gehoor se reaksie op nog een laaste storie – ‘n gedig oor ‘n reis in sy getroue Valiant-motor – was dit duidelik: Die mense van die Tygervallei, en sekerlik ook die res van die land, is líéf vir Dana Snyman.

Gert Vlok Nel en Schalk Joubert

Ilse Salzwedel, Martelize Brink en Dana Snyman

 
Martelize Brink was maar slegs een van die vele bekendes wat kom luister het na die gesprek. Sy het ook regstreeks vanuit die Dros met RSG-luisteraars gesels om die Skrywers en Boeke-program aan te kondig en af te sluit.

Luister na RSG se potgooi van die bekendstelling:

 

* * * * * * *

 
Helené Prinsloo (@helenayp) het regstreeks vanaf die bekendstelling met #livebooks getweet. Lees die tydlyn vir hoogtepunte uit die gesprek:

 

Boekbesonderhede

Dana Snyman vind waarhede in die alledaagse – Lees ’n uittreksel en twee onderhoude met die skrywer

$
0
0

In die blou kampDana Snyman se jongste kortverhaalbundel het onlangs by Tafelberg verskyn en bevat 100 stories van sy ware ontmoetings met mense en soms ook met dinge.

In die blou kamp is verlede maand tydens ‘n geskiedkundige geleentheid by die Willowbridge Dros bekendgestel. Ilse Salzwedel het die skrywer gepeper met vrae oor sy uiteenlopende verhale en die gesprek is regstreeks op RSG se Skrywers en Boeke-program uitgesaai.

Lees Books LIVE se verslag oor die bekendstelling:

 
LitNet het ‘n klankopname en foto’s van die geleentheid op hul webtuiste gedeel. Meer as 350 gaste het kom luister na Snyman se gesprek oor sy boek en Gert Vlok Nel het die gehoor vermaak.

Loer na die foto’s en kyk na die video:

Click here to view the embedded video.

Netwerk24 het twee sketse gedeel uit In die blou kamp, getiteld “Wasdag” en “Ek doop jou in die naam”.

In “Wasdag” is die skrywer verras oor die gevoelens wat ‘n Jacob Zuma-T-hemp aan die wasgoeddraad in hom losmaak. Lees die gesprek tussen hom, Lettie Bogosi en haar man Johannes oor politiek, die ANC en hoekom mense vir Zuma stem:

“Waar kry jy daai T-shirt, Johannes?” vra ek.

“Ek het hom gekry toe ek gevote het, Ouboet,” antwoord hy.

“Het jy vir daai skelm gevote?”

Johannes antwoord my nie. Hy lag net. Ek stap by hulle woonstel in en gaan sit op die bank, wat eers in my sitkamer gestaan het.

“Nee, nee, nee, Johannes,” sê ek. “Jy kan mos nie vir Zuma vote nie.”

Lettie kom ook by die deur in. “Ons het eintlik vir Mandela gevote,” sê sy.

“Ouboet moenie worry nie,” voeg Johannes by. “Ek dra die hemp nie bo nie. Ek dra hom soos ’n vest onder die ander hemp.”

Hierdie 100 stories het eers op Snyman se Facebook-blad verskyn. Murray La Vita het by hom gaan uitvind watter invloed Facebook op sy lewe gehad het. Hulle gesels ook oor sy gesprek met Paul Alberts, die wyle fotograaf, en hoekom hy besluit het om sy ervarings op Facebook te deel.

Lees die artikel:

“Facebook is mos blou en jy jaag jou woorde daar in ’n kampie in. Ja, daai blou kampie wat ons ons woorde nou injaag, nè . . .”

Hy het tans 5 851 Facebook-vriende.

“Deesdae moet jy bemark as jy boeke wil verkoop en Facebook is ’n goeie bemarkingsmiddel – mense wéét van jou; al skréi dit op ’n manier teen wat jy is … Maar ’n ou is ook maar ydel, nè? Jy kyk maar na die likes. Maar mettertyd het ek tóg agtergekom daar begin ’n gesprek ontstaan tussen my en mense. Toe het ek nou begin om klein storietjies daar op te sit. Ek probeer heeltyd vir myself sê: Skryf wég van jouself af; dis nie oor jou nie; skryf oor íets wat jy gesien het … verkiéslik ménse; dit gaan oor húlle, nie soseer oor jou nie.

Snyman het aan Marlene Malan vertel dat hy daarvan hou om oor die “banale, daaglikse dinge” te skryf. Hy vertel dat in die “konkrete, klein dinge lê die dieper waarhede.”

Lees die artikel:

Hy is ’n donkerplekman, erken hy. “Ek sukkel soms met depressie. Die donker plekke in myself is waar al my skuldgevoelens en twyfel skuil. Twyfel, in die wydste sin: Twyfel aan God, aan myself. Twyfel is mos ’n anderster ding. Jy kan raas en skreeu en ’n happy clappy word, maak of dit nie bestaan nie. Of jy kan dit subtiel benader, in ’n soort skemerte; dalk agterkom daar’s iets heiligs in twyfel. Oorlede professor Ferdinand Deist het ’n boek geskryf, Nagdissipels. Ek is ’n nagdissipel. Ek het figuurlike skemerte nodig om subtiel te kyk na die skewe dinge binne-in my.”

 

* * * * * * * *

 
Snyman sal vanjaar deelneem aan die Open Book-fees in Kaapstad. As jy nog nie vandag ‘n Afrikaanse boek gekoop het nie, maak seker jy kry ‘n kopie van In die blou kamp!

 

Boekbesonderhede


“Daar is die afgelope paar jaar hopeloos te min oor styl geskryf”– Joan Hambidge oor resensies

$
0
0
MatriksMeditasiesLot se vrouJudaskusKameeWonderboom

 
Joan Hambidge se naam is al sinoniem met resensies in Suid-Afrika. Haar dikwels gevreesde opvattings is fel, en altyd gestaaf deur teorie. As akademikus het sy egter ‘n probleem met die rigting waarin resensies deesdae beweeg.

“Daar is die afgelope paar jaar hopeloos te min oor styl geskryf in hierdie bedryf. En die uniekheid van styl,” skryf Hambidge op haar blog. Die digter-kritikus bied aan die leser drie onlangse gevalle – Judaskus, Kamee en Wonderboom – om te bewys dat resensente al meer die kluts kwyt raak wanneer dit by hierdie aspek kom. Sy doen verder ‘n beroep op resensente om vergelykings met ander skrywers eerder uit te laat, of ten minste relevant te hou.

Lees die artikel:

Om ‘n dagbladresensent te wees, is ‘n ondankbare taak. Teen ‘n sperdatum in met sowat 800 woorde in jou bladsak, moet jy sowel die boek bemark as jou kritiese oordeel vel. Boonop het jy die gesaghebbende Crito blasend op jou nek, daardie drie-eenheid wat glo bestaan uit ‘n afgetrede uitgewer, ‘n ander uitgewer wat tans in die bedryf staan, en ‘n vrolike slampamper van ‘n redakteur. En hierdie Critikane lewer kritiek sonder dat hulle dikwels die boek gelees het, volgens eie erkenning!

Die Afrikaanse boek moet bemark word. En die polemiese is nie iets waarvoor die resensent hoef van weg te duisel nie. Elke rolspeler is belangrik. Van redakteur tot keurder; van resensent tot die arm man se Oprah Winfrey tot onderhoude in die pers en op Kwêla, Litnet, of waar ook al.

Daar is die afgelope paar jaar hopeloos te min oor styl geskryf in hierdie bedryf. En die uniekheid van styl.

Lees ook:

 

Boekbesonderhede

Wêreldbekerrugby: Lees oor Dana Snyman se middag met Springbok-stut Trevor Nyakane se familie

$
0
0

In die blou kampOnder die radarOp die toneelDana Snyman is een van ons land se mees begaafde storievertellers. Die kunstige manier waarop hy sy unieke blik op die lewe verwoord het ‘n manier om hartsnare van Kaapstad tot Kathu te roer.

Dié skrywer is tans besig met ‘n besonderse reis deur die land – “‘n reis wat alles met rugby te doen het, maar ook niks met rugby te doen het nie” – waartydens hy stories en foto’s oor ons land se gunsteling sport kollekteer. Een van sy jongste inskrywings op sy aktiewe Facebook-blad het die afgelope naweek groot aftrek gekry met oor bykans 2000 “shares” en oor die 3200 “likes”.

Lees oor die middag to Dana saam met Trevor Nyakane, die Springbok-stut, se familie rugby gekyk het – ‘n storie wat in volkleur in sy nuwe boek verder vertel sal word:

NTANDO

No problem, sê Lerato agter die toonbank in die Gravelotte-kafee. Sy sal Trevor se pa se nommer vir my kry.

Sy tel haar selfoon, ’n ou Nokia, langs die kasregister op en bel iemand. ’n Lang gesprek volg. Al woord wat ek verstaan is Nyakane. Daarna bel sy nog ’n nommer, en nog een.

Sy skryf die nommer op ’n servet neer en gee dit vir my.

You phone him now, sê sy. We call him Uncle Norman.

Dis net ná twee die middag, en die waaier met die wye, wit arms teen die kafee se dak veg vergeefs teen die hitte. Dis 30 grade plus. Skuins oorkant die straat is ’n slaghuis en ’n drankwinkel. Gravelotte se sakekern.

Uncle Norman antwoord in ’n sagte stem. Ek verduidelik vir hom wie ek is en dat ek ’n rugbyboek skryf. Sal hy omgee as ek vanmiddag se wedstryd saam met hom kom kyk?
Please, sê hy. Come. I’ll show you the real truth.

Kan ek vleis saambring, dan braai ons? vra ek. En sal hy iets drink?

Yes, yes, sê hy. I drink Amstel.

Trevor is hier op Gravelotte, tussen Letsitele en Phalaborwa, gebore. Hy was ook in die Laerskool Gravelotte.

Ek ry soos Uncle Norman verduidelik het: links hier, regs daar. Later is ek in ’n klein township naby ’n myn.

Uncle Norman staan in ’n Springbok-trui voor ’n huisie met ’n kaal voortuin. Agterop die trui is ’n nommer 17. Trevor het sy eerste toetswedstyd in daardie trui gespeel.

Lees ook:

 

Boekbesonderhede

“You Need to Discover it For Yourself” – Niq Mhlongo Reflects on Travelling Through Dar es Salaam on Foot (Podcast)

$
0
0

Niq Mhlongo was a guest on Talk Radio 702 recently where he shared insights gleaned on his journey to Dar es Salaam – on foot!

AffluenzaDog Eat DogAfter TearsWay Back HomeAfter Tears

 
In the podcast, the author says he visited Tanzania’s largest city during the time of xenophobic violence in South Africa: “But what I experienced there was something human, you know, very, very beautiful and people welcoming me.”

“You need to discover it for yourself,” he adds, “the people were so very nice”.

Reflecting on the language, Mhlongo says: “I felt guilty that I don’t know Swahili but this is the language that you can learn as you walk on the pavement.”

Listen to the podcast, in which the author suggests three things you have to do if you ever visit Dar es Salaam:

Book details

Stoffel – Die beste stories: ’n Versamelbundel met Christiaan Bakkes se mees geliefde Afrikaanse verhale

$
0
0

Stoffel: Die beste storiesStoffel: Die beste stories deur Christiaan Bakkes, saamgestel deur Suzette Kotzé-Myburgh, verskyn eersdaags by Human & Rousseau:

Met Stoffel: Die beste stories, bring Human & Rousseau Christiaan Bakkes se mees geliefde Afrikaanse verhale byeen in ‘n splinternuwe versamelbundel. Hier val die klem op Bakkes se “Stoffel”-stories: verhale waarin Bakkes as Stoffel Mathysen figureer, maar wat deurgaans op ware gebeure gebaseer is.

In sy kenmerkend ongekunstelde styl verken Bakkes – gesogte wildbewaarder en gerekende safarigids – wildernisse en vlaktes met eerlikheid en ‘n fyn sin vir humor. Die verhale in hierdie bundel word byeengebring deur Suzette Kotzé-Myburgh, en word saamgestel uit Bakkes se Stoffel in die wildernis (2000), Stoffel by die afdraaipad (2004), Stoffel se veldnotas (2007), Stoffel in Afrika (2010), Stoffel op safari (2012) en Krokodil aan my skouer (2014).

‘n Keur uit die skrywer se oeuvre, geskik vir gesoute sowel as nuwe Bakkes-lesers.

Oor die outeur

Christiaan Mathys Bakkes is in 3 Augustus 1965 op Vredenburg aan die Weskus gebore.

Hy matrikuleer in 1983 aan die Pro Arte-kunsskool in Pretoria. Christiaan was ’n staptoerveldwagter in die Krugerwildtuin toe hy in Februarie 1994 sy linkerarm verloor het nadat twee krokodille hom aangeval het terwyl hy in ’n dam geswem het. Nadat hy herstel het, het hy vir vyf maande deur Afrika gereis, vir drie jaar vir die WWF in die Kaokoveld in Namibië gewerk, en daarna by ’n safari-maatskapphy wat ekotoere op die Skedelkus aanbied. Tans is hy gids en areabestuurder by Wilderness Safaris in Namibië. Hy woon in Damaraland in die noordweste van Namibië.

In 1998 het sy debuut, Die lang pad van Stoffel Mathysen, verskyn en daar het sedertdien reeds vier boeke oor sy alter ego, Stoffel, se avonture verskyn. Die meeste verhale is op werklike gebeure gebaseer.

Stoffel by die afdraaipad is in 2005 vir die M-Net-literêre prys vir tekste in kort formaat (kortverhale, kinder- en jeugboeke) benoem.

In 2008 het In Bushveld and Desert: A Game Ranger’s Life ’n keur en vertaling uit sy bundels verskyn.

Boekbesonderhede

Wie se grilverhale is in Skrik op die lyf opgeneem? (Plus: Video)

$
0
0

Skrik op die lyfDie splinternuwe kortverhaalbundel Skrik op die lyf, saamgestel deur Deborah Steinmair en Gerda Taljaard, bevat 46 vreesaanjaende grilverhale.

Skrywers soos Marié Heese, Jaco Jacobs, Malene Breytenbach, Lien Botha, Herman Lategan, RR Ryger, Kerneels Breytenbach en Marion Holm – asook ‘n hele paar nuwe stemme – skryf hierin oor allerlei onverklaarbare bangmaakhede: spoke, welgeeste, goëlery, krapgeeste, dwaalgeeste, fortuinvertellers, stigmata, wonderwerke, sieners, séances, sangomas, tokkelosse, djins, spookligte en nog meer.

Hierdie bundel is die resultaat van ‘n blitskompetisie deur Taljaard en Steinmair, in samewerking met Tafelberg-Uitgewers.

“Ek het gegril, geril, gegiggel, gewonder en geniet ! Dis die lekker van kortverhale; die verskeidenheid. Die sentrale tema is die onverklaarbare, maar die verhale is wyd uiteenlopend. Party se ironie amuseer, party se atmosfeer is genoeg om jou onder die bed te laat loer en party laat jou wonder: sê nou maar……. Die lees van die bundel herinner aan grondboontjies eet; net nog enetjie. Of jy nou ‘n liefhebber is van rillers, of van kortverhale of van atmosferiese verbeeldingsvlugte, maak nie werklik saak nie; as jy lekker lees geniet, is hierdie boek vir jou. – Good Reads-resensie

Die volgende stories is in Skrik op die lyf opgeneem:

  • Marié Heese – Haar maaksels
  • Jaco Jacobs – Noustrop
  • Jan Barend Wolmarans – Engelekoor
  • Pieter van Zyl – Versoeking
  • Kerneels Breytenbach – Die ommekeer
  • Mariana Loots – Muse
  • Nini Bennet – Die dag toe my ma begin brei het
  • Martin Botha – By die drif
  • Johann Nell – Toccata in D-mineur
  • Hans Pienaar – Bang
  • Deborah Steinmair – Moerbei
  • Henning Pieterse – Dood in die Marico
  • Trisa Hugo – Mary Ellis se revolusie
  • Karin Hougaard – Sterkind
  • Jacqueline Schmahl – Spieëlbeeld
  • Derick van der Walt – Goeienag, Liezel Venter
  • Renée du Toit – Die toerleier
  • Martin Steyn – Die trommel
  • Ilse van Staden – Stoor
  • Malene Breytenbach – Die spooklig
  • Ronelle le Roux – Die vlieë
  • Amos van der Merwe – Daardie oë
  • RR Ryger – Abednego
  • Andy Galloway – Tot die dood ons skei
  • Lien Botha – Oukersaand
  • Marion Holm – Blinde geloof
  • Linza de Jager – Doekom
  • Bart de Graaff – Duusmansbloed
  • Fanie Viljoen – Dors
  • Gerda Taljaard – Die heiveld
  • Tienie Holtzhausen – Die skildery
  • Herman Lategan – Götterdämmerung
  • Henning Janse van Vuuren – Labork 609
  • Peter van Noord – Kug
  • De Wet Hugo – Binne
  • Alex J Coyne – Boelie
  • Annelise Erasmus – Die niks
  • Nicholas Hattingh – Boekbevloek
  • Evert Louw – Madame Rosa
  • René Lötter – Die duiwel kom jou hael
  • Karen van Vuuren – Bloed in Bloemfontein
  • Hilda Smits – Die Hek van die Dooies
  • Penny Slabbert – Nefilim
  • Chantél Venter – Gansklip
  • Jan Beyers – Vadertjie
  • Cecile Cilliers – Nuwejaarsvrees

 

* * * * * * *

 
Een van die skrywers, die bekroonde misdaadskrywer Martin Steyn, het ‘n video gemaak waarin hy oor die bundel gesels en ‘n gedeelte uit sy verhaal “Die trommel” voorlees.

Kyk na die video:

Click here to view the embedded video.

 

Boekbesonderhede

Viewing all 93 articles
Browse latest View live